Zodiac is ‘n gemengde dierepraktyk wat poog om veeartseny sorg en dienste van goeie gehalte te lewer aan byna enige soort dier. Die praktyk het die nuutste moderne radiografiese toerusting wat ‘n volledig mobiele x-straaleenheid insluit. Toonaangewende laboratorium toerusting sowel as ‘n broeikas vir pasgeborenes, gas-narkose-masjiene, tandheelkundige toerusting, gebruiksmikroskoop en nog vele meer. Ons het ook ‘n afdeling vir isolasie. Toegewyde goed opgeleide gekwalifiseerde veeartsenykundige verpleegsters sien om na ons pasiënte. Ons het ‘n veeartsenykundige voorwinkel met verskillende kosmerke, sowel as troeteldier-speelgoed, beddegoed, bakke, klere en nog vele meer om u troeteldier te bederf. By Zodiac streef ons daarna om elke besoek onvergeetlik te maak.